Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Lieflike dorpie, waar jy kan voel die wêreldse invloed het nog min skommelings daar veroorsaak. Dit voel of tyd stil gestaan het en dit laat jou sommer veilig en gekoester voel, volgende keer gaan ek nog 'n dag langer bly net om dit weer te ervaar."
"Paternoster is 'n moet ten minste 1 keer in jou lewe. Ek en my man was vir 14 nagte in Paternoster en dit was 'n wonderlike vakansie!"
"Vriendelike mense, rustige atmosfeer. Hier kan jy nog in die straat gaan loop met sonsondergang. Pragtige dorpie!"
"Jare gedreig om dit te besoek en het dit uiteindelik gedoen. Jy sal nie spyt wees nie. 'n Bucket list-ervaring!"
"Pragtig! Heerlik wyn! Vriendelike mens! Baie buitelanders tydens ons besoek. Winkels maak meestal voorsiening vir buitelandse toeriste, so ons het nie enige iets gekoop nie. Populêre restaurant is vol geboek so boek vroegtydig."
"Klein dorpie met genoeg dienste soos vars vis, hout, ensovoorts sodat dit nie nodig is om na die groter aanliggende dorpe te ry nie. Fryers Cove, 'n restaurant en wynkelder is ook pragtig en stapafstand van hierdie akkommodasie. Strandfontein is baie naby vir ander behoeftes, of Lutzville of Vredendal vir groter aankope. "
"Dit is beslis 'n rustige en veilige area. Daar is lekker eetplekke en winkelsentrums naby. Baie om te doen."
"'n Ongelooflike mooi plek wat hopelik net so sal bly! Ons sal weer en weer daarheen gaan. Daar is nog so baie wat ons daar wil doen."
"Dit bly 'n oulike dorp op die R62-roete en ons sal sekerlik weer teruggaan indien moontlik."
"Lekker plekkie, maar Beaufort-Wes is opsigself nie baie skoon nie, maar andersins was daar nie enige probleme nie."
"Pragtige, skoon dorp. Heerlike pizza restaurant en 'n baie oulike deli. Gaan loer gerus in by Pepe the Cheesemaker op Imhof Farm vir besonderse bokmelkkaas en 'n lekker geselsie oor die regte manier van kaasmaak. "
"Pragtige Karoo-dorpie wat ons nou al spesiaal raak ry oppad af Kaap toe. Die rustigheid van die omgewing en dan nog die pragtige natuurskoon is ook so lekker. Definitief die moeite werd om te kom."
"Probeer gerus die 4 Sheep restaurant en deli. Bespreek ook eerder in 'n ander straat as die hoofstraat, soos bv. Voortrekkerweg indien jul nie hou van baie geraas nie. Voortrekkerweg het lieflike oornagplekkies."