Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.

Klapmuts, Wes-Kaap

Bona Vista Self-Catering Accommodation

"Baie goeie ligging om die hele Wes-Kaap te besoek."

Swellendam, Wes-Kaap

Elianthe's Guest House

"Wat 'n asemrowende mooi dorp! Ons was absoluut weggevoer na 'n ander era met ons besoek aan die Drostdy-museum, die Tronk, Ambagswerf en die Mayville huis. Vir 'n skamele R25 het besoekers/toeriste toegang tot al hierdie besienswaardighede. Aandete by Woodpeckers was uit die boeke (soos deur ons gasvrou, Elize voorgestel). Absoluut die besoek werd. Swellendam, ons kom weer!"

Campher's Drift, Wes-Kaap

Aziza Guest House

"Baie stil, veilige area."

Bloubergrant, Wes-Kaap

Blouberg Studios

"Niks veel nie. Ons het die kamer geniet. "

Santosbaai, Wes-Kaap

Baystay

"Net oorgebly en nie as toeris daar gebly nie. Was voorheen langer daar en dit was baie interessant."

Sandbaai , Wes-Kaap

Sandbaai Country House

"Lieflik, gerieflik en hoogs aanbeveel as jy uit die gewoel van Hermanus self wil uitkom. Alle denkbare geriewe op jou voorstoep en 'n klipgooi van die hoof besienswaardighede van Hermanus."

Strand, Wes-Kaap

Odeon Beach Break

"Dis 'n bietjie ver van Kaapstad en sy aktiwiteite, maar 'n wonderlike bestemming op sy eie."

Welgemoed, Wes-Kaap

Welgemoed Villa

"Aangename verblyf vir 'n goeie prys."

Prins Albert, Wes-Kaap

Prince Albert Country Stay

"Prins Albert is 'n pragtige oase van 'n dorp, met baie om te doen en te sien. Hier wil ek weer kuier!"

Jacobsbaai, Wes-Kaap

Sandkorrel

"Baie lekker, rustige see-dorpie. Mense is baie vriendelik."

Oudtshoorn, Wes-Kaap

Klein Afrika Wegbreek

"Die Swartbergpas en Meiringspoortpas en waterval en ook Rust en Vrede-waterval is definitief 'n moet om te besigtig."

Elandsbaai, Wes-Kaap

Ons Huisie

"Baie lekker rustig as mens 'n rustige wegbreek verlang. Al wat kort is 'n klein apteek met net die nodige medikasie. My man moes eendag vinnig Lambertsbaai toe ry om medikasie te kry vir een van die kinders. Ek het iets vir alle skete ingepak, maar sy het onverwags siek geword en haar koors en bors medikasie was toe net te min vir die tyd wat ons daar is."

Britanniabaai, Wes-Kaap

Accommodation @ Sea Trader

"Pragtige omgewing en strande. Baie privaat."

Paternoster, Wes-Kaap

Sandals

"Pragtige dorp, net jammer dat Tietiesbaai se kampterrein so swak bestuur word."

Struisbaai, Wes-Kaap

The Goose Nest

"Pragtig met besienswaardighede in omgewing. "

Dalsig, Wes-Kaap

87 Buitekring Gaste Akkommodasie

"Stil area, maklik om van daar af die omgewing te verken."

Oudtshoorn, Wes-Kaap

Klein Afrika Wegbreek

"Een van die dorpe wat in my opinie nie agteruit gegaan het soos vele ander nie. Baie skoon en lyk of alles werk."

Jongensfontein, Wes-Kaap

Alika's

"Jongensfontein sal ons beslis weer sien. Pragtige dorpie met rustige atmosfeer. "

Jacobsbaai, Wes-Kaap

Koekemakranka

"Baie lekker plek om vakansie te hou met jonger kinders. Veilig en vriendelik."

Robertson, Wes-Kaap

Magic TiPi at Lancewood

"Daar is so baie om te doen in die area en die mense is almal baie vriendelik."

Jacobsbaai, Wes-Kaap

De Ware Jacob

"Die blomme was pragtig om te aanskou."

Prins Albert, Wes-Kaap

Elfen House and Cottage

"Prins Albert is 'n pragtige klein dorpie. Al die huisies staan so mooi netjies teen die asemrowende Swartberge as agtergrond. Hier is 'n paar oulike restaurante en a gin bar, The Green Prince, met die lekkerste drankies. Daar is heelwat staproetes in die omgewing en jy kan die Swartbergpas ry vir die mooiste natuurtonele."

Knysna, Wes-Kaap

Founders Keepers - Leisure Isle

"Die personeel in restaurante en winkels is baie ongeduldig en onvriendelik (nie met my nie, maar was interessant om dit waar te neem oral om ons). Die paaie is haglik. Die natuurskoon is onbeskryflik asemrowend en Knysna is beslis 'n besoek werd."

McGregor, Wes-Kaap

Koningsrivier

"Pragtige natuurskoon en wonderlike staproetes."

Struisbaai, Wes-Kaap

Dankbaar

"Heerlike en gasvrye dorp."

Reebok, Wes-Kaap

33 Rooibok Avenue

"Alles was gerieflik."

Blad
Blad 901 - Wys 27001 tot 27030
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang