Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.

Bettysbaai, Wes-Kaap

Anne's Place

"Ek moet die plek geluk wens met die hantering van hulle vullis en afval verwydering. Die dorp is skoon en sodoende het hulle die bobbejaanprobleem opgelos. Daar was geen van die diere in sig nie."

Lambertsbaai, Wes-Kaap

Sea Breeze No. 4

"Vir die gemiddelde besoeker voel ons dat die restaurante en wegneemetes duur is. As jy Lambertsbaai besoek, wees voorbereid op die reuk wat van die voëleiland se kant af kom as die wind verkeerd waai."

Swartland, Wes-Kaap

Nieuwedrift Accommodation

"Some nice small wine farms in the surrounds, but relaxation should be what you are coming for. Definitely not city hustle and bustle. Very interesting and historical towns to visit."

McGregor, Wes-Kaap

Greystone Cottage (OLD)

"Winkels is beperk en nie baie gebruikersvriendelik nie. Omgewing is pragtig en die mense baie vriendelik."

Mosselbaai, Wes-Kaap

Aloe Ridge Self-Catering

"Ons het Mosselbaai baie geniet. Die stad is skoon en ons het veilig gevoel waar ons die museum en vuurtoring besoek het. Ons sal beslis weer na Mosselbaai wil reis en 'n bietjie langer daar wil oorbly."

Beaufort-Wes, Wes-Kaap

@ Mango's

"Ons het die Karoo gasvryheid baie geniet. Oulike restaurant met lekker melkskommels en baie windpompe om af te neem!"

Beaufort-Wes, Wes-Kaap

Little Lamb

"Ons het net oornag, so ons het nie veel tyd gehad om die dorp te verken nie, maar kan wel 4sheep restaurant en winkeltjie aanbeveel vir 'n inloer."

Swellendam, Wes-Kaap

Upper Deck Self-catering Apartment

"Dit is een van my gunstelling plekke in ons land. Die dorpie is rustig en vriendelike diens van almal. Daar is 'n paar wonderlike restaurante en die pryse is baie billik, ek sal Pasli weer besoek. Stop ook by die Sulina Faerie Sanctuary in Swellendam, dit is werklik uniek en iets vir elke klein dogtertjie om te sien."

Prince Alfred Hamlet, Wes-Kaap

De Liefde Cottage

"Not alot in the town itself, but surrounding areas has plenty ie. Tulbagh and Ceres."

Kaapstad, Wes-Kaap

G1 Infinity

"Love the Cape, our destination of choice."

Velddrif, Wes-Kaap

Javani

"Veldrif is vir ‘n heerlike plekkie om in vakansie te hou. Dit is baie sentraal geleë tot St. Helenabaai, Paternoster en Dwarskersbos. Daar is verskeie restaurants en wegneem eetplekkies wat die heerlikste seekos maak en die porsies is groot - wat dit maklik maak om te deel. Onvergeetlike sonsondergange, ongerepte natuurskoon, baie voëls om te besigtig en skoon strande. Ons het ‘n heerlike vakansie daar deurgebring."

Plettenbergbaai, Wes-Kaap

Longships Sanctuary

"Lieflike strande en die plek waar 'n mens tuis voel."

Beaufort-Wes, Wes-Kaap

Hotel Oasis

"Dorp het baie agteruit gegaan. So jammer."

Gouritz, Wes-Kaap

SandyPaws

"Na ek in Gouritz was is ek seker dat ek eerder daar wil gaan bly. Die dorpie en sy mense is net van die beste."

Lambertsbaai, Wes-Kaap

Bay Plaza

"Lamberstbaai se mense is leflike en vriendelike mense. Bediening in die restaurante was almal tops. Die kos en verskeidenheid is puik. Self die mense by winkels is almal vriendelik en behulpsaam. Al wat aanvanglik gepla het was hier en daar mense wat bedel is die strate. Maar dit is maar ooral so en as hulle sien jy is streng, respekteer hulle dit. Ek dink Lambertsbaai is ideaal vir toeriste. Daar is alles wat mens nodig het."

Montagu, Wes-Kaap

Somerset Lodge

"Baie aangename en rustige dorpie."

Mosselbaai, Wes-Kaap

The Beach Club

"Baie toeristevriendelik en opwindend, ten spyte van Covid kon ons swem in die see en op strande baljaar. Die lewensredders is baie vriendelik en oplettend en ons is vinnig uit die seestrome gered toe ons op die skipwrak beland het."

Clanwilliam, Wes-Kaap

Rondegat Cottages

"Die dorp word baie mooi skoon gehou, en sy ligging ten opsigte van die Cederberge is uitstekend. Sal beslis weer gaan kuier, maar in die winter of lente."

Mosselbaai, Wes-Kaap

Seaview Lodge

"Lekker vakansieplek."

De Rust, Wes-Kaap

Kabbelrus

"Pragtige dorpie."

Agulhas, Wes-Kaap

Rus 'n Bietjie

"Vele besienswaardighede, sal definitief weer 'n draai moet gaan maak."

Barrydale, Wes-Kaap

Barrydale Karoo Lodge

"Pragtige klein dorpie."

De Rust, Wes-Kaap

Kabbelrus

"Pragtige rustigheid en netjies."

Mosselbaai, Wes-Kaap

Erika27

"Pragtige vakansiedorp."

Oudtshoorn, Wes-Kaap

Old Mill Lodge & Restaurant

"Baie welkom gevoel, Covid-19 het net teleurstelling gebring met plekke wat gesluit was soos die Rust en Vrede-waterval. Sou dit graag wou sien."

Elandsbaai, Wes-Kaap

Elandsbaai Wegbreek

"Rustig omgewing. Mooi en skoon strand. Lekker fietsry, stap, visvang en kreefduik geleendhede."

Velddrif, Wes-Kaap

Teddy's Oase

"Lekkerste kuierplek naby al die seekosse. Die Vishuis is ’n moet-besoek, asook Ubuntu-visserye met al sy geregte wat te koop is."

Hermanus, Wes-Kaap

Marine Drive Manor

"Mooi netjiese dorp. Gaan vroeg strand toe, want die wind waai die meestal in die namiddag."

Pringlebaai, Wes-Kaap

Hilton Huis

"Dis ’n pragtige, veilige dorpie."

Blad
Blad 903 - Wys 27061 tot 27090