Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Gaan eet gerus by Mez restaurant, fantastiese restaurant, bespreek beslis."
"Nuwe puik promenade vir alle doeleindes. Nuwe pretpark vir kinders. Lekker oop strand om te kan swem, speel en stap."
"Elgin is mooi, stil en skoon met vars lig om in te asem. Pragtige plase."
"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."
"Veilig met pragtig geteerde hoofpaaie. Die mense is vriendelik en hulle beskik oor 'n Superspar wat goed toegerus is met alles wat 'n mens dalk sou nodig kry vir 'n naweek weg. Pragtige omgewing waarvan tyd vergeet het."
"Ongekunsteld en rustig. Mens ry so maklik net deur, maar die dorpie het net soveel om te bied soos van die ander dorpe op Roete62."
"George is sentraal geleë wat besoeke aan baie ander plekke langs die kus, sowel as in binneland, maklik bereikbaar maak."
"As jy die Weskus wil beleef gaan gerus Paternoster toe. Die mense, die see, die dorp en die omliggende gebied vat jou terug na 'n meer eenvoudige tyd."
"Baie goed geleë, naby winkel sentrum en Medi-Clinic Hospitaal. Veilige omgewing met mooi parke vir die kinders."