Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Ek het meer verwag van die Saterdag se stalletjies, verder is dit 'n pragtige dorpie."
"Lieflike plekkie. Behalwe om ook net niks te doen en rond te drentel is daar dinge om te doen. Daar is oulike eetplekke en wynproe geleenthede. Die mense wat na 'n mens omsien in die plekke is gaaf, effektief en ingelig. Moenie Bemind die garagiste wynmakery in die hoofstraat misloop nie. Dit het 'n interessante storie en lekker wyn. En die galerye op die dorp is 'n besoek werd. Indien jy gelukkig is soos ons was met 'n houtblasers jazzkonsert, kan jy dalk 'n skemer musiekkonsert in 'n mooi tuin bywoon. Die pragtige kerk staan uit en as jy op 'n Sondag daar is kan jy straks 'n diens bywoon. Omdat mens soontoe gaan vir die mooiheid, maar ook die rus en vrede maak net seker dat jy nie te na aan die suidoostekant van die dorp oornag nie, want dit is baie raserig daar op 'n Vrydag en Saterdagaand. Moenie te veel staat maak op internet en selfoonontvangs nie. Dit was beskikbaar maar soms maar effentjies."
"Dorp is netjies, baie eetplekke met al die winkels wat mens graag wil hê. Vriendelike mense, baie toerisme plekkies om te besoek."
"Simply love the location and the accommodation. Extremely satisfied. Will definitely recommend."
"Net een woord: pragtig! Heerlik om te stap op die walkway na die suidste punt en verby die ligtoring! Heerlike restaurante, rustige, mooi omgewing!"
"Baie poachers. Ons het gesien hoe hulle elke oggend afgelaai word en dan die aand weer opgetel word. Een van hulle het my skoonsuster skrik gemaak. Dit is baie pet friendly en die Mall is naby, asook 'n 24 hour Woolworths."
"Very chilled en friendly plek. Almal is vriendelik. Joplins het die beste steak en gesels."