Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36180 resensies.
"Heelwat bosslapers en informele nedersettings wat winkelsentrums en woonbuurte omring. Veiligheid word 'n risiko. Tydens ons verblyf was daar geweerskote in die omgewing (4:00) en sekuriteitsvoertuie wat in Sandbaai (Piet Retiefsingel) patroleer. Verder 'n heerlike vakansie bestemming."
"Lambertsbaai is ons toerismebestemming. Dis 'n baie stil en rustige dorpie met vriendelike mense. Gaan eet gerus by Isabella's!"
"A beautiful place with lovely beaches and good restaurants. Great for outdoor activities, walking and hiking."
"Oudtshoorn per se is 'n wonderlike plek - propvol geskiedkundige bestemmings en dinge om te doen. Die enigste skokkende ervaaring was die absolute swak kwaliteit van die dorp se strate - teer is vervalle en die paaie is vol slaggate. Die munisipaliteit moet daadwerklik aandag daaraan gee, of toeriste verloor."
"Alles werk. Wat mense adverteer is wat jy kry. Dit bly 'n puik bestemming."
"Wonderlike streek met vriendelike mense. Goeie paaie en skoon dorpe. Te lekker."
"Indien jy van 'n rustige vakansie hou (buite seisoen) is dit beslis die dorp om te wees. Daar is baie te sien aangesien dit so sentraal geleë is."
"Hermanus is asemrowend mooi, jy kan alles doen op jou tyd, geen haas, die winkesentrum is groot en baie spasie om rond te beweeg. Mooi bly mooi."
"The upmarket inhabitants are definitely not a friendly bunch and make you know that you're an outsider irrespective of you coming and spending money to rent their properties. But I still love Arniston."
"Hoewel die wind ons strandkuier maar soms geboikot het, was daar genoeg ander lekker dinge om te doen, soos stap langs die pragtige lang strand, kuier om die swembad en sommer net lekker ontspan."
"Roete 62 is 'n aanwins vir ons pragtige land. Daar is soveel om te sien en doen. Veilige roete."
"We were just there to visit family, didn't do much travelling around so can't really comment."