Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Ons was ongelukkig daar terwyl daar aan die strate gewerk is, maar na voltooiing van die padwerke sal Langebaan nog beter wees as voorheen."
"Daar is baie min om te doen in Britannia Baai, maar as jy 'n boot het, is dit net die plek om te gaan."
"Die aantrekking van Citrusdal as toeristebestemming is opgesluit in die pragtige omgewing. Ons sal graag weer die gebied wil verken."
"Het 'n lekker rustige landelike atmosfeer. Naby goeie visvangplekke. Ek gaan gereeld daarheen vir 'n lekker wegbreek."
"Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!"
"Pragtige dorpie met nodigste winkels. Moenie te veel uitbrei nie. Hou van hoe dit tans is."
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Dis regtigwaar 'n pragtige plekkie vir enigiemand om net 'n bietjie weg te breek op 'n vakansie."
"Was heerlik verras met al die winkeltjies en diens van restaurant tot PnP. Alles was pynlik netjies op die rakke. Troue by De Vlok was pragtig. Pragtige kerk!"