Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35758 reviews.
"Ons was die naweek van die Vetplantfees op Calitzdorp en het dit terdeë geniet - heerlik die Bokke/All Blacks-wedstryd by die Spekboom gaan kyk en koue pynstillers geniet. Dis 'n baie interessante dorp en omgewing en slegs 'n klipgooi vanaf die Tuinroete waar ons woon. "
"Dit is 'n pratige omgewing met die heel beste restaurant: die Four Cousins. Ek beveel Robertson aan ─ moet dit nie mis nie."
"Lekker stil dorpie, met net die nodige om aan die lewe te bly is dit nog van die min dorpe wat oorgeneem word winkels en te veel gerief."
"The people of Bloubergstrand are friendly and helpful. I saw a part of Bloubergstrand I've never seen before it is truly a gem."
"Dis so skoon en vriendelik. Alles is daar. En Hartenbos, Reebok, Klein Brak en Groot Brak is almal bymekaar. Hartenbos het 'n mark elke Saterdag. Ag nee ek kan aanhou en aanhou. "
"Pragtig en baie stil. Min winkels en eetplekkies. Jy moet Stilbaai toe ry vir meeste dinge, dit is darem net tien minute weg."
"Ek dink Vanrhynsdorp het 'n bekoring van sy eie en die gasvryheid en bereidwilligheid om te help is ongekend. Ons vriend wat meestal rolstoelgebonde is, het sy kruk by die huis vergeet en Huis Matzikama was bereid om een, kosteloos, te leen sonder om twee keer te dink. Baie dankie. "
Longacres Country Estate, Western Cape
Long Acres Bahamas Accommodation"Dis rustig, stil en ideaal vir mense wat wil wegkom van die lawaai."
"Was nog altyd een van ons gunsteling plekke. Rustige kusdorpie wat ongelooflik baie bied en die kuslyn is seker die grootste bonus."
"Oudtshoorn bied baie besienswaardighede en sal aan almal se behoeftes voorsien. "
"Danabaai is baie naby Mosselbaai en die area is naby baie toeriste plekke en strande. "
"Beslis die regte plek as jy 'n naweek wil wegbreek van die stad af. Die dorpie is klein, maar skoon en netjies. Beslis die regte plek om te gaan ontspan en jouself weer te vind."
"Beautiful beaches and all the amenities to make any vacation totally relaxing. "
"Pragtige dorpie met baie geskiedenis. Museum en Strassbergers 'n besoek werd."