Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Dis wonderlike plek, maar mens kan sien waar jy regtig inpas na jou booking."
"Elandsbaai is 'n baie klein dorpie met baie mooi natuurskoon en ongerepte strande. Vir dié wat wil wegkom van die gejaag en harwar is dit die ideale bestemming. Die mense is vriendelik en alles is binne loopafstand. Daar is winkeltjies wat die nodige voorraad aanhou, maar bring liewers jou eie voorraad saam. Die kinders het dit geniet om te probeer branderplankry en daar is wet suits te huur. Die water kan nie regtig sonder een aangedurf word. Lang ente stap op die strand is 'n moet en dis heerlik om saans die mooi sonsondergange te geniet. Die trein wat gereeld verby gaan pla glad nie en was besonders om te sien en te probeer trokke tel.Al wat gepla het is die verskriklike verwaarlosing en vullis is by die grot. Dis 'n baie rustige bestemming."
"It was good. We enjoyed the beautiful scenery and visiting different places there."
"Montagu is 'n pragtige dorpie met baie om te sien en oulike winkels, veral die padstal waar die dorp begin, is 'n wenner."
"Baie lekker plek met vriendelike mense. Die weer was bietjie koud maar met die lekker warm kos by die restaurant was ek gou-gou vergete van die koue."
"Verkeerde naweek van die jaar. Kan nie in dorp beweeg nie, voel onveilig. Alle nywerhede, bouers, ens. sluit en plaaswerkers almal in dorp vir inkopies. Meer besope mense in dorp as nugter! Dis jammer."
"Myburg Park was tops, maar in geheel is Langebaan 'n lieflike vakansie bestemming, en ons sal beslis weer 'n draai gaan maak."
"Nee, ons was daar tydens 'n uitsonderlike droogte, is steeds 'n baie mooi Karoo-dorp met vriendelike mense."
"Check the seasons. We visited at the wrong time of year to see the birds and the drought did not help. Very central and the perfect stop over before going further up the coast."
"Muisbosskerm was 'n teleurstelling en waarde vir geld kan ernstig bevraagteken word. "
"What a lovely peaceful town - this is where one should go to truly unwind and relax. The only negative point is that nature conservation should be better applied, especially regarding the marine life. "
"The Gaol Restaurant's food was excellent and the waiter extremely sharp and polite. Lovely town and trees!"
"Baie interessante kultuur-historiese dorpie, in 'n heerlike ligging, naby die berge. "
"Ek het die idee gekry dat Duynefontein net 'n woonarea is en dat mens net 'n paar kilometer moet ry dan is jy in Melkbosstrand waar al die besighede, ens. is."
"Dit is 'n heerlike vreedsame plekkie wat voel soos jou eie klein eilandjie. Dit verskaf die rustigheid wat mens nodig het as jy 'n wegbreek nodig het. Manna vir die siel. Meer wegneemplekkies sal welkom wees."