Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.

Barrydale, Wes-Kaap

Barrydale Karoo - Boutique Hotel

"Baie oulike dorp, maar die restaurante in Barrydale maak almal vroeg toe - so 4 uur die middag, so sorg dat jy betyds daar kom, anders moet jy na die naaste dorp (Swellendam of Montagu) ry vir aandete."

Stilbaai, Wes-Kaap

Bloublasie @ Lieflappie

"Ideale wegbreekbestemming met verskeie aktiwiteite vir klein en groot."

Stilbaai, Wes-Kaap

Stroois

"Baie lekker maar ek weet dat dit te besig word oor Kersfeestyd. Die slaghuis se Blombos-boerewors is 'n moet. Ons het nog gaan koop om huis toe te neem. "

Riversdal, Wes-Kaap

Oudebosch Guest Farm

"Riversdal is 'n pragtige, skoon en netjies dorpie. "

West Beach, Wes-Kaap

Son, See, en Sundowners

"Naby Kaapstad, eetplekke en winkelsentrums."

Glencairn, Wes-Kaap

Ras Vill

"Glencairn is fabulous. Ons het bietjie gaan stap, heerlike restaurant en winkeltjies. Baie veilig."

Parow, Wes-Kaap

Smithland Guest Apartments

"Parow is lekker sentraal in Kaapstad met maklike roetes na enige plek in die Kaap."

Langebaan, Wes-Kaap

Catalina Cottage

"'n Heerlike vakansiedorp met al die geriewe wat nodig is om die vakansie ten volle te geniet. Eetplekke is fantasties."

Marina Da Gama, Wes-Kaap

Waterways

"Dit is definitief een van die mooi plekke in Kaapstad."

Parow, Wes-Kaap

Upstairs Selfsorg Akkomodasie

"Ek het in Parow grootgeword en het 'n plek naby die snelweg gesoek wat meer sentraal is, maklik bereikbaar vanaf die snelweg. Hierdie plek het vir my aan al die eienskappe voldoen. Die omgewing is stil en netjies."

Paternoster, Wes-Kaap

Ahoy Cottage 4

"Awesome wegbreekplekkie. "

Kleinbaai, Wes-Kaap

Great White Accommodation

"Good travel destination to get away from the crazy city life."

Sedgefield, Wes-Kaap

Forestview Guesthouse

"Beste bestemming ooit. Pragtig, rustig en vriendelik!"

Parow, Wes-Kaap

Heidel-herberg

"Ek is self 'n Kapenaar en ken die area goed. Sal more teruggaan Kaap toe as dit vir my bestem is. Daar is soveel te doen in 'n radius van 50 km dat 'n mens nie als in 'n naweek kan doen nie."

Hartenbos, Wes-Kaap

De Branders Nr 48

"Baie goed ontwikkelde dorp. Alles wat mens wil hê is binne bereik."

Montagu, Wes-Kaap

Montagu Springs

"Montagu is 'n baie rustige dorp. Daar is baie plekke naby om te besoek en dinge om te doen."

Lambertsbaai, Wes-Kaap

Languedoc Verblyf

"Fantastiese, rustige en asemrowende plek."

Tergniet, Wes-Kaap

Beker Loop Oor

"Fantasties vir 'n stille wegbreek en rus."

Strandfontein, Wes-Kaap

Strandfontein Apartment

"Luilekker vakansieplek! Strandfontein bring rus vir liggaam en siel."

Kleinmond, Wes-Kaap

Lekkerus

"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."

Struisbaai, Wes-Kaap

Annie's

"Baie lekker plek. Ek en my familie het die langnaweek terdeë geniet aangesien dit ons eerste keer in die plek was."

Paternoster, Wes-Kaap

Sandals

"Pragtige dorpie."

Gansbaai, Wes-Kaap

Oom Piet Accommodation

"Gansbaai is 'n gesellige dorp. Dit voel glad nie soos 'n toeristebestemming nie. Franskraal en De Kelders voel meer so a.g.v. die vakansiehuise. Gansbaai het meer gevoel soos 'n dorp met hul "locals", maar dit maak nie mens se ervaring enigsins sleg nie. Ons het wel baie lank gewag vir ons kos by 'n spesifike restaurant, maar die kos was die moeite werd. Die ander plek waar ons loop eet het, was weer baie vinnig met net net sulke heerlike kos, so Gansbaai met sy verblyf en restaurante kan vir enigiemand aanbeveel word."

Paternoster, Wes-Kaap

Sea Shack

"Lekker klein plattelandse dorpie met groot karakter! Altyd 'n besoek werd."

Paternoster, Wes-Kaap

Strandhaus

"Dorp self is pragtig en idillies."

Mosselbaai, Wes-Kaap

Bay Vista Guesthouse

"Asemrowend mooi. Plekkies om 'n draai te moet maak is "The Fork and Train, Kraai4Braai en Sea Gypsy. Dit was regtig die tyd en geld werd om daarheen te gaan."

Sedgefield, Wes-Kaap

Estuary Breeze

"Dit is die ideale plek om na weg te breek aangesien dit sentraal geleë is."

Blad
Blad 1045 - Wys 31321 tot 31350
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang