Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Straatname is mooi duidelik, dankie daarvoor en straatligte is beskikbaar. Pragtige natuurskoon."
"Quiet and safe environment; shops and other amenities within 2 km radius."
"Ek het op Heidelberg groot geword en het vanaf die ouderdom van 11 maande daar vakansie gehou. Hierdie was 'n nostalgiese terugblik! Selfs geswem in die see vir die eerste keer in 10 jaar, alhoewel die baaiplek nie op sy beste is op die oomblik nie."
"Pragtige rustige omgewing, bietjie afgesonder, maar mens kan maklik in die omgewing rondry op goeie paaie. Die hout paadjie langs die see, hoog op die duin is goed onderhou en sorg vir die mooiste uitsigte. 'n Mens voel ten alle tye veilig."
"Die dorpie het bietjie agteruit gegaan vandat ons laas daar was (veiligheid), maar die vermeerdering in wynplase en restaurante en selfs n boeremarkie was verbasend. "
"In die omgewing van Worcester is daar redelik baie om te doen. Heelwat wynkelders wat kan besoek word vir wynproeë en of om sommer net lekker te gaan sit en iets te eet. Baie mooi omgewing. "
"Darling is 'n baie oulike en karaktervolle klein dorpie. Daar is meer te doen as verwag. Baie vriendelike mense. Lekker wynplase in die omgewing. Restaurante ook lekker en goeie verskeidenheid."
"Somerset West was clean and everything works. The restaurants were awesome and shopping centres had everything you could want."
"Heidelberg was vir ons 'n verrassing. Netjiese dorpie met baie vriendelike mense."