Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Die Bush pub se kos en diens was 'n wow factor. Die lekkerste en pragtige uitsig by die rivier."
"Agulhas het iets van alles, dis naby Struisbaai wat 'n lekker strand het. Sal definitief aanbeveel."
"Danabaai is 'n wonderlike vakansie dorp, rustig, skoon en sentraal geleë. Kan alles doen wat nodig is om 'n heerlike vakansie te geniet. "
"Die restaurante moet asb. later oop bly. Dit is 'n baie stil en rustige dorp. "
"Voorstrand Restaurant was 'n groot wenner. Lekker atmosfeer, 'n strand en see uitsig en fantastiese lekker kos!"
"Ons eerste keer hier, maar definitief nie ons laaste besoek aan dié dorp. Barrydale het baie om te bied. "
"Vir 'n oorslaap op pad na Augrabies vanaf die Kaap is dit perfek."
"Pragtig, maar vreeslik stil. Restaurante vreeslik duur. Gedurende beurtkrag is dit 'n nagmerrie, want net die kruidenierswinkel het krag. Dis goed om daar af te tree na jare se gewoel in die stad as jy rus en vrede soek. Nie vir gesinsvakansie met jong kinders nie. Nie veel om te doen nie. Maar die dorpsmense is vreeslik aangenaam en vriendelik."