Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 38941 resensies.
Rika C. - 6th January 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Heerlike ete met flinke diens by "4 Sheep". Regtig 'n pragtige eetplekkie en aanwins vir Beufort Wes. Pragtige oujaars-sonsondergang.
Charlee S. - 6th January 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Hermanus is 'n juweel van 'n plek. Daar is soveel strande en swemplekke om te ontdek. Heerlik om fiets te ry. Baie staproetes. Wynproe, heerlike eetplekke. Ons love Hermanus!
Christine E. - 6th January 2016
staying in Glentana, Wes-Kaap
Glentana is 'n bietjie rustiger as Mosselbaai, net waarna ons gesoek het, maar nogsteeds so naby sou jy 'n dag van wemel wou geniet. Pragtige strand en vol vriendelike mense.
Hercule D. - 6th January 2016
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Netjies,skoon, 'n baie onbekende bestemming wat rustigheid en baie gasvyheid bied!
Colin W. - 6th January 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
A quaint little town with everything at hand, a few eateries with good food. We were very impressed with the cleanliness while walking our small dauchshunds in the early morning. Very quiet. Beautiful surroundings. Awesome.
Salome V. - 6th January 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Pragtige dorp. Bo aan my lys van gunstelinge!
Ann S. - 6th January 2016
staying in Brackenfell, Wes-Kaap
Dis baie stil en rustig, so as jy 'n rustige tyd soek is dit die regte plek om te gaan wegkruip.
Annette T. - 6th January 2016
staying in Danabaai, Wes-Kaap
Sprokiesmooi en sal definitief teruggaan.
Bets P. - 6th January 2016
staying in Bellville, Wes-Kaap
Bellville self is 'n mooi plek.
Manie G. - 6th January 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Die Strand se strand is mooi en groot maar op openbare vakansiedae net te besig met swak dissipline van die besoekers wat dit ontoeganklik maak vir vakansiegangers in woonstelle.
Carin I. - 6th January 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Baie oulike dorp.
Heinrich A. - 6th January 2016
staying in Knysna, Wes-Kaap
Fantastic! Forest walks, swimming beaches - what more could you want?!
Lindi L. - 6th January 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Beautiful part of our country.
Charl L. - 6th January 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Paternoster is iets waaroor jy nog altyd gedroom het. Klein Griekeland.
Carel M. - 6th January 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Wat 'n reis juweel in Suid-Afrika.
Michele K. - 6th January 2016
staying in Knysna, Wes-Kaap
Ek sal definitief aanraai dat 'n mens vir ten minste 'n week daarso bly. Daar is soveel om te doen en te sien dat een dag net te kort is. Dit is 'n verskriklike oulike plek.
Leigh V. - 6th January 2016
staying in Citrusdal, Wes-Kaap
Dalk 'n plekkie vir toeriste om onder afdak / sambreel en stoel te sit en koeldrank te geniet.
Amanda B. - 6th January 2016
staying in George, Wes-Kaap
Ons is baie lief daarvoor om in die George omgewing vakansie te hou en gaan elke jaar terug soontoe vir vakansie.
Dirk V. - 6th January 2016
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Ek sal enige tyd weer daarheen gaan.
Annamaria F. - 5th January 2016
staying in Botrivier, Wes-Kaap
Great burgers, beautiful wine estate and a good base to reach places like Grabouw, Hermaus and Kleimond.
Jeanne T. - 5th January 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Baie lekker plek, Swellendam is 'n gereelde bestemming van ons en ons sal beslis weer terugkeer!
Linda V. - 5th January 2016
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Pragtige dorp. Jammer dat gastehuis eienaars besoekers uitbuit net omdat die omgewing mooi is.
Maria V. - 5th January 2016
staying in Kaapse Wynlande, Wes-Kaap
Ons is van KZN en het ver gery om die Wynlande te besoek, maar dit was beslis die moeite werd. Die wingerde, boorde en berge was indrukwekkend. Die kelders het ons hartlik ontvang en natuurlik het ons van al die heerlike wyne geproe. Sal dit beslis weer doen.
Amelia P. - 5th January 2016
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Ongelooflike lekker vakansieplek.
Helene O. - 5th January 2016
staying in Knysna, Wes-Kaap
Spectacular!
Melani S. - 5th January 2016
staying in Stanford, Wes-Kaap
Die dorpie self was 'n belewenis en daar is heelwat te doen in die omgewing en dis net 23km vanaf Hermanus.
Larissa V. - 5th January 2016
staying in Blouwaterbaai, Wes-Kaap
Ons love Blouwaterbaai.
Janey S. - 5th January 2016
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Ek dink die plek en die restaurante en die Langeberg Mall is baie oulik.... en Dias strand is ook mooi skoon en netjies. Lekker swem strand.
Daleen S. - 5th January 2016
staying in Parklands, Wes-Kaap
Bloubergstrand het my hart gesteel.
Agnieszka M. - 5th January 2016
staying in Muizenberg, Wes-Kaap
Muizenberg is a bit on the side, so not as popular as Kalk Bay or Simons Town. But a nice location if you don't mind a little bit less facilities.
Cheryl J. - 5th January 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Dis die ideale bestemming .
Marion A. - 5th January 2016
staying in Calitzdorp, Wes-Kaap
You must try the port.
Ursula S. - 5th January 2016
staying in Robertson, Wes-Kaap
Dis 'n pragtige omgewing met heelwat besienswaardighede wat ons gaan ondersoek het. Goeie wynplase in die omgewing asook 'n groot inkopiesentrum en die klein, nabygeleë dorpies is interessant om te besoek.
Marisa A. - 5th January 2016
staying in Keurboomstrand, Wes-Kaap
Keurboomstrand is 'n fantastiese plek!
Elizma B. - 5th January 2016
staying in Paarl, Wes-Kaap
Dis warm!
Jen S. - 5th January 2016
staying in De Rust, Wes-Kaap
Cute little town.
Ina P. - 5th January 2016
staying in Milnerton, Wes-Kaap
Lekker naby aan Kaapstsad, en nie te ver van Shopping Mall af nie.
Louis Leon K. - 5th January 2016
staying in Bredasdorp, Wes-Kaap
Bredasdorp is 'n uiters veilige bestemming (ons motor het in die straat gestaan sonder dat iemand daar gepeuter het). Hou van die kerkklok wat nog in 'n werkende toestand is - lui elke 15 minute soos van ouds. Daar is nie veel te doen op die dorp self nie. Maar die ligging is ideaal - naby Napier, Waenhuiskrans/Aston, Struisbaai, Aghulas, Baardskeerdersbos en ander interessante plekke.
Wida C. - 5th January 2016
staying in Paarl, Wes-Kaap
Baie warm maar mooi.
Fanie S. - 5th January 2016
staying in Brandwacht, Wes-Kaap
Lekker naby al die mooi plekke, het veilig gevoel.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]