Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Daar is darem so baie om te doen! Ons het die Kango Grotte besoek en Cango Ostrich Farm. Die volstruisplaas was absoluut fantasties! Die kinders het dit verskriklik baie geniet!"
"Die Strand het 'n lieflike strand om te geniet en baie om te doen in die omgewing. Genoeg winkels om van die kies en te keur en lekker eetplekke."
"Soek 'n mens avontuur is 'n besoek aan die grot aangewese terwyl 'n staptog deur die bekende Kassiesbaai met sy historiese vissershuisies wonderlike fotografie geleënthede bied sonder dat jy 'n vliegkaartjie na Griekeland hoef te koop. Gaan eet vis en chips by Milenes in Kassiesbaai en koop sommer van die lekker droë rooikrantz hout vir die aand se braai. As die vis nie byt nie en die Suidoos waai, kan wynliefhebbers Arniston gebruik as vertrekpunt om die Jean Daneel kelder buite Napier te besoek om uitstaande witwyne te proe en te koop. Die gees van Bachus sal die dorstiges verder lei na Strandveld, The Berrio en Black Oyster Catcher kelders by Elim wat normaalweg te vêr van die gebaande weë is. Gaan besoek die L'Agulhas ligtoring en leer iets van die strandveld se geskiedenis en koop op pad terug by Struisbaai 'n vars vissie om op die kole te sit. Wie benodig dan 'n Mall?"
"Een van die skoonste/netjieste dorpies wat ek in 'n lang tyd gesien het - absoluut pragtig!"
"Eetplekke was fantasties, maar die akwarium was n teleurstelling. Dalk iets wat in die toekoms ontwikkel kan word!"
"Ons het die kus wandelpad gestap. Die wandelpad is so goed versorg en daar is baie wagte wat die wandelpad patrolleer. Fantastiese natuurskoon. My enigste kritiek is dat daar nie by Proteastraat 'n bord is wat aandui waar die wandelpad weer hervat by Sim-straat nie."