Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Die aktiwiteite vir 'n kleintjie was in perfekte radius van mekaar. Die diens was fantasties by al die plekke waar ons was: die swembad, spa, restaurante en speel area. Dankie almal!"
"Uitstekende vakansiebestemming! 'n Verskeidenheid van dinge om te doen en te sien, rustige omgewing."
"Mense moet net weet dat jy party dae gaan wegwaai, maar die berge en see maak dit die moeite werd om daar te wees."
"Sal net langer wil bly om al die winkels en galerye te besigtig, want hulle was almal klaar toe, toe ons daar aankom op 'n Saterdagmiddag en bitter min was oop op die Sondagoggend. "
"Baie interessante besienswaardighede, 'n dorpie wat ryk is aan geskiedkundige besienswaardighede."
"Van my kollega's wat saam was het gesê hulle sal enige tyd daar bly. Dit het vir my glad nie gevoel asof ek in 'n stad is nie. Het ook altyd veilig gevoel."
"Sal met graagte weer vir Lambertsbaai besoek. Net die skelmpies wat daar rondloop, is n probleem. "
"Barrydale is 'n pragtige dorpie. Net jammer die eiendompryse word so in die hoogte in gejaag. Baie mooi plekke op die R62 om te besoek."