Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 36725 resensies.
Joseph N. - 24th January 2017
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Pragtige strande, voëleiland, besonders mooi, lekker restaurantjies. Word aanbeveel!
Joseph N. - 24th January 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Pragtige dorpie. Mooi huise en 'n skitterende streek met goeie wynhuise.
Arina M. - 24th January 2017
staying in Linkside, Wes-Kaap
Heuwelagtige gebied. Ideaal vir stapliefhebbers. Pragtige uitsig oor die hawe.
Matty V. - 24th January 2017
staying in Witsand, Wes-Kaap
Witsand is 'n juweel. Mag die plekkie groot ontwikkelings vryspring. As jy rus en vrede soek, gaan daarheen.
Zerelda M. - 24th January 2017
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Dis pragtig en doen werklik jou siel goed ... Dis 'n stukkie hemel-op-aarde.
Beulah B. - 24th January 2017
staying in Saldanhabaai Munisipaliteit, Wes-Kaap
Die mense van Saldanha is vriendelik. 'n Goeie basis om die Weskus se dorpies te verken.
Renee M. - 24th January 2017
staying in Big Bay, Wes-Kaap
Definitief lekker gekuier.
Frikkie T. - 24th January 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Ons is versot op Bloubergstrand. Dit is 'n lekker stil area, veral in die aand, en daar is verskeie koffiewinkels wat uitstekende koffie en ligte etes bied. Verseker ons gunsteling vakansieplek.
Sean O. - 24th January 2017
staying in George, Wes-Kaap
George is centrally and conveniently situated in relation to surrounding tourist attractions.
Lizette B. - 24th January 2017
staying in Witsand, Wes-Kaap
Witsand is 'n ideale plek vir sweefski as gevolg van die wind en die strandmeer, maar dis nie die beste vakansie-opsie vir gesinne met jong kinders nie. Daar was heelwat dae wat ons die kinders glad nie uit die huis uit kon vat tensy ons erens anders gery het nie.
Ed V. - 24th January 2017
staying in Brandwacht, Wes-Kaap
Brandwag is 'n rustige plek. Baie wonderlik vir buitelanders.
Jakes P. - 23rd January 2017
staying in Keurboomstrand, Wes-Kaap
Fantastiese strand en baie goeie weer.
Phebe V. - 23rd January 2017
staying in George, Wes-Kaap
Pragtige, skoon en netjiese dorp.
Christa S. - 23rd January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Wonderlike plek met soveel om te doen en te ervaar. Oudtshoorn het ons harte gesteel.
Gys P. - 23rd January 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Hermanus is baie mooi, maar drukbesig oor DEC-periode.
Lynette W. - 23rd January 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige dorp en ons het ook die spooktoer geweldig geniet!
Lorraine E. - 23rd January 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Paternoster is 'n goeie toeristebestemming; baie besoekers; moeilik of onmoontlik om plek te kry om te eet by restaurante, want almal is meestal volbespreek... Seker maar as gevolg van die seisoen, maar ek het nie klagtes nie. Paternoster is vir my baie lekker en sentraal. Ons ry baie rond. Ek dink nie dis die ideale plek vir 'n swemvakansie nie.
Lynette W. - 23rd January 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Mooi!
Yvette N. - 23rd January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Baie skoon en vreeslik netjies.
Ella W. - 23rd January 2017
staying in George, Wes-Kaap
Victoriabaai is beslis mooi, pas net op vir diewe op die strand en by jou kar in die parkeerarea.
Wimpie O. - 23rd January 2017
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Ons was na die besige seisoen daar. Baie rustige klein plekkie. Voel heel veilig.
Ben V. - 23rd January 2017
staying in Clanwilliam, Wes-Kaap
Vriendelike Weskusdorp met pragtige mense.
Kobus En Ristie G. - 23rd January 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Hermanus was en is nog altyd 'n gewilde plekkie om vir 'n naweek of sommer net vir 'n daguitstappie te besoek omdat dit nie ver van Kaapstad is nie. Daar is goeie restaurante, interessante winkeltjies en markte, asook 'n pragtige wynroete. Verder is daar ander mooi plekkies naby om te besoek soos bv. Stanford.
Jaco C. - 23rd January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Strand het al die besighede van 'n moderne stad en ook die vakansiegevoel van 'n kusdorp.
Charlene D. - 23rd January 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Ons het die plaaslike mense baie vriendelik gevind, maar het koue en soms onbeskofte diens by toeriste-aantreklikhede ervaar. Oep ve Koep sien ons byvoorbeeld nie weer nie, en nie net omdat hul pryse astronomies beledigend is nie.
Christiaan M. - 22nd January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Dis pragtig.
Jamie S. - 22nd January 2017
staying in St. Helenabaai, Wes-Kaap
Amazing place to relax and enjoy amazing views of the beach.
Clemens S. - 22nd January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Die wind waai rof.
Ben V. - 21st January 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Dit was ons eerste besoek en het voldoen aan al ons verwagtings en meer.
Ronell S. - 21st January 2017
staying in Santosbaai, Wes-Kaap
Die strand is pragtig en skoon. Ons kan nie wag om weer daar te gaan vakansie hou nie.
Walter V. - 21st January 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Wonderlike uitsig van Kaapstad en die berg.
Clemens S. - 20th January 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Perfekte plek om oor te slaap as jy van ver af ry (Kaap of Mosselbaai se kant toe). Los vir jou so 3 tot 4 ure se ry vir die volgende dag.
Petrus T. - 20th January 2017
staying in Bettysbaai, Wes-Kaap
Stil en rustige plek met vriendelike mense. Ongelukkig nie geweet die kafee maak na 6 toe nie! Besienswaardighede bied alles wat toeris verwag sonder formele afsprake en formaliteite.
James V. - 20th January 2017
staying in Onrus, Wes-Kaap
Ons het Onrus geniet en dink dit is vir die persoon wat 'n rustige, kusdorpie-atmosfeer soek, die antwoord.
Paul L. - 20th January 2017
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
My gunstelingvakansieplek!
Eben L. - 20th January 2017
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Struisbaai is fantasties. Die min restaurante maak op vir die lekker tyd wat jy by die see kan hê, asook om vars vis te vang of sommer by die hawe te koop. Die hawe het 'n goeie en veilige speelstrand vir klein kinders.
Jessica R. - 20th January 2017
staying in Danabaai, Wes-Kaap
Danabaai is pragtig en 'n stiller opsie as Mosselbaai. Net jammer die kinders kan nie in die see swem nie. Ons moes elke dag pak en ry vir die dag na Diazstrand of Hartenbos. Danabaai is 'n pragtige stil strand met lang staproetes langs die see. Ons het dolfyne en walwisse vanaf die stoep van Dux-'n-Biki gesien.
Johann M. - 20th January 2017
staying in Knysna SSB, Wes-Kaap
Knysna is mooi, maar die omgewing is wonderlik. Vra vir Braam by die toeristesentrum en vra hom wat om te doen. Hy sal jou in die regte rigtings stuur om die mooi van Knysna te beleef.
Freddie M. - 20th January 2017
staying in Gansbaai, Wes-Kaap
Wonderlike skoon dorpie. Plaaslik en vriendelike gemeenskap met alles wat jy soek vir 'n rustige wegbreek weg van die gejaag van die Kaap. Werklik 'n belewinis!
Mary D. - 19th January 2017
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Net 'n bietjie winderig, maar die omgewing is tops. Baie rustig.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za