Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.56 uit 5 gekry volgens 32082 resensies.
Evert B. - 28th December 2015
staying in Hout Bay, Wes-Kaap
Daar is so baie om te doen. Die Vrydagaandmark was 'n treffer. Mens MOET mos vis eet by die bekende FISH ON THE ROCKS as jy in Houtbaai kuier. Die busroetes en strand is so gerieflik naby. Ons het die tydjie baie geniet.
Evert B. - 28th December 2015
staying in Paarl, Wes-Kaap
Ons was vinnig in die winkelsentrum om die nodige aan te koop vir ons braai. Die winkels het alles gehad was nodig was. Ons was nie verder in Paarl se winkels nie, maar die wynroetes en die bekende Spice Route en Fairview is is naby die plaas.
Sarel R. - 28th December 2015
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Add to your bucket list.
Elsabé V. - 28th December 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Ons het dit moeilik gevind om 'n goeie eetplek in Beaufort-Wes te vind. Die beste uit die opsies wat ons sover probeer het was die Vleis Deli oorkant die Shell garage, waar mens jou eie vleis by die slaghuis kan kies en dan braai hulle dit vir jou.
Amanda L. - 28th December 2015
staying in Groot-Brakrivier, Wes-Kaap
Die Transkaroo Lodge, in Groot-Brakrivier, bied 'n uitstekende spyskaart en diens.
Linda V. - 28th December 2015
staying in Glentana, Wes-Kaap
Glentana is very beautiful. The people are friendly. Four seasons in one day can be expected.
Herman D. - 28th December 2015
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen.
Tommy M. - 28th December 2015
staying in St. Helenabaai, Wes-Kaap
Nie veel besienswaardighede nie.
Helena B. - 28th December 2015
staying in Little Brak, Wes-Kaap
Pragtig!
Antoinette T. - 28th December 2015
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Dis 'n mooi plek.
Carina F. - 28th December 2015
staying in Worcester, Wes-Kaap
Wat 'n verrassing van 'n dorp!
Annene S. - 28th December 2015
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Lieflik, vars, rustig.
Corrie M. - 28th December 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Op ons gasvrou se aanbeveling het ons by 4 Sheep gaan eet wat reg by die Caltex motorhawe is. Ons het die aandete so geniet dat ons eers weer die volgende oggend daar ontbyt gaan eet het.
Hennie J. - 28th December 2015
staying in Bellville, Wes-Kaap
Persoonlik vir my en my vrou was die Old Oak Gastehuis uitstekend naby die familie waar ons gaan kuier het tydens die troue van hul oudste seun.
Richard N. - 28th December 2015
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Die diens by on the rock is die beste, voel altyd welkom. Sal altyd daar oorbly as ek in daardie omgewing is.
Elana F. - 27th December 2015
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige rustige dorp met baie om te sien en doen.
Leon H. - 27th December 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Baie vuil dorp.
Elsa M. - 27th December 2015
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Moet nooit die dorp verander nie. Dit is een van die mooiste plekkies in ons land waar 'n mens ook van ons geskiedenis kan leer.
Cathy N. - 27th December 2015
staying in George, Wes-Kaap
George baie netjies, lekker winkels om te besoek.
Lizette V. - 27th December 2015
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Indien ek ooit Kaap toe trek sal ek Somerset-Wes my blyplek maak. Mooi, skoon en gemaklik geleë naby snelweë.
Ilze B. - 27th December 2015
staying in Robertson, Wes-Kaap
Die restaurante se besigheidsure is net bietjie swak. Enigste plek wat oop was vir aandete was Spur. Mens wil tog nie elke keer by Spur eet nie. Dit raak afgesaag.
Ri S. - 27th December 2015
staying in Barrydale, Wes-Kaap
Eerste besoek aan Barrydale. Pragtige dorpie, sal weer daar stop. Nuwe restaurant, Giuseppe's, was heerlik!
Ursula Maureen B. - 27th December 2015
staying in Riebeek-Wes, Wes-Kaap
Cafe Felix Restaurant was 'n groot hoogtepunt van ons kuier. Vriendelike diens en heerlike kos geniet in 'n baie ontspanne atmosfeer.
Leone L. - 27th December 2015
staying in Ceres, Wes-Kaap
Dit lyk asof cherries pluk en zipline al is om te doen in Ceres as 'n toeris, maar ek kan die cherries pluk hoog aanbeveel, dit was lekker familie pret.
Ralph K. - 26th December 2015
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Ons het vir die eerste keer aan die "Weskus" kant van Kapstad gebly met die doel om bietjie die gebied tot Saldanha te verken. Groot strand is heerlik as mens vir 1 uur of meer in een rigting wil stap. Darem ook nie te ver van Kapstad af nie - 40 min per motor.
Stephan J. - 26th December 2015
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Dis LEKKER aan die WESKUS!
Joey L. - 26th December 2015
staying in Bellville, Wes-Kaap
Soos bo genoem - lekker sentraal geleë om gou in verskeie rigtings te reis en plekke te besoek.
Linda S. - 26th December 2015
staying in Worcester, Wes-Kaap
Mooi dorp.
Dia O. - 26th December 2015
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Baie mooi omgewing.
Hanlie N. - 26th December 2015
staying in Knysna, Wes-Kaap
Mooi plek.
Eddie V. - 26th December 2015
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Wildernis is asemrowend mooi. Jy moet dit sien.
Liesl L. - 26th December 2015
staying in Brenton-on-Sea, Wes-Kaap
What a beautiful place. We loved every part of the place.
Karina B. - 26th December 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Onvergeetlik ons vakansie was puik. Dankie vir lekker slaap.
Carlo F. - 26th December 2015
staying in Knysna, Wes-Kaap
Die naaste aan 'n paradys wat jy kan kry :)
Lizell O. - 26th December 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Karoo Nasionale Park is die ding om te doen. Vriendelike personeel, goed versorgde park en goeie snuisterywinkel met 'n koue bier as bonus!
Hennie L. - 25th December 2015
staying in Boland, Wes-Kaap
So much to do, so little time!
Dirk Louis V. - 25th December 2015
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Die vis is maar skaars in die see; verskillende soorte aas en die verdubbeling van kerkgeld help nie.
Delfie R. - 25th December 2015
staying in Bellville, Wes-Kaap
Maklik om vanaf die gastehuis na die lughawe ens te reis. Ideaal as mens iemand het wat in een van die nabygeleë hospitale is.
Fikile H. - 25th December 2015
staying in Tuine, Wes-Kaap
The Table Mountain view was absolutely stunning.
Esme B. - 25th December 2015
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Die verkeer op pad en in Bloubergstrand was baie besig. Dit was baie raserig deur die nag.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za