Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Lots to see in Citrusdal, laid back, no rushing around like the city, quite calm and that's what I like."
"Het deur Seweweekspoort gery, hulle is besig om die pad reg te maak ─ pragtige uitsig."
"Pragtige skoon dorp met alles wat jy nodig het en uitstekend geleë op die Weskus-roete."
"Ons hou van die kleindorpie-atmosfeer. Daar is meer as genoeg om te besigtig. Die natuurskoon is pragtig. Eetplekke volop en billik met hul pryse."
"Greyton is 'n pragtige ongekunstelde dorpie met perde wat in die strate rondloop. Die beste plek om te ontsnap van die rotresies! "
"Gaan vir seker met 'n 4x4, lol, my beetle het dit gemaak nadat ons wiele moes afblaas. Toe raak dit pret en wou stock cars ry op pad. Beeldskoon in die vallei. "
"Pragtige dorp - sou net wou hê dat daar 'n kafee of winkel tot 8 uur in aand moet oop wees."
"Dit is lekker stil en veilig, lekker staproetes en weg van die dorp se verkeer. Sal definitief weer besoek."
"Ry bietjie rond in die area. Die lieflike groot bome en omringende berge is 'n bekoring op sigself, maar die nabyheid van 'n natuurreservaat met wandelpad net 'n entjie in die straat af is 'n onverwagse bonus."
"Mal oor Prins Albert - keer telkens terug! Was ook lekker om die park run te doen en die projek te beleef wat die kinders uit die gemeenskap by park run betrek. "
"Trading Store doesn't hold much in the way of supplies, so its a good thing we took along all that we needed."
"Pragtige, rustige dorpie naby wynplase, die Breederivier en die Langebergreeks."
"Pragtige dorp. Ons het reeds die plek kom besigtig om daar te hervestig. Genoeg restaurante, mooi Pick en Pay (nuwe Superspar maak eersdaags oop). Huise en eiendom baie duur, en dus skaars."
"Bloubergstrand is veilig, strand is skoon, en dit kruip diep in mens se hart in."