Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 37389 resensies.
Johan N. - 27th January 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
'n Onaangename ervaring wat byna ons vakansiegees gedemp het: daar is verskeie aanwysings na die beroemde Kokkedoor-stoor en dit laat 'n mens dink dat dit 'n besoekersaantreklikheid is. Skaars uitgeklim, hou 'n bakkie in 'n stofwolk stil en die persoon beveel ons om die (privaat) perseel te verlaat en dat die hekke vir 'n rede daar is. Ons was te oorbluf om te verduidelik dat daar geen geslote hekke was nie. Met die uitry, het ons opgelet dat die hekke na die perseel oopstaan omdat daar werkers besig was. Natuurlik het 'n mens baie respek vir mense se privaatheid, maar as die betrokke plek nie oop is vir besoek nie, waarom dan die aanwysings? Gelukkig het 'n lang wandeling deur die dorp teen sononder vergoed vir die onaangenaamheid.
Tina K. - 27th January 2017
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Gerieflik sentraal. Veilige omgewing.
Stephne D. - 27th January 2017
staying in Greyton, Wes-Kaap
Amazing plek!
Charmaine T. - 27th January 2017
staying in Danabaai, Wes-Kaap
Pragtige strand, rowwe branders, maar goed geleë.
Charmaine T. - 27th January 2017
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Mal oor die grasperk by die privaat strand. Kinders kan veilig swem en ouers kan rustig agteroor sit en die natuur beskou.
Charmaine T. - 27th January 2017
staying in Bellville, Wes-Kaap
Dit is sentraal geleë om met gemak orals rond te beweeg in die Kaap.
Charmaine T. - 27th January 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Uit 5 300 km vir 'n vakansie van 30 dae, was dit die enigste plek waar ek baie beslis my volgende Desember sou wou spandeer.
Jackie B. - 27th January 2017
staying in L'Agulhas, Wes-Kaap
Wat natuurskoon betref, net die heel mooiste!
Johan V. - 27th January 2017
staying in Arniston, Wes-Kaap
Arniston is een van my gunsteling vakansiebestemmings met die mooiste strande. Ek kan nie wag om terug te gaan nie!
Michelle H. - 27th January 2017
staying in Bloubergrant, Wes-Kaap
Dis die perfekte plek om te gaan ontspan!
Dewald N. - 27th January 2017
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Lekker klein dorpie hier langs die kus met genoeg om te doen. Baie lekker.
Gen G. - 27th January 2017
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Pragtige kuslyn! Ons was meer binne Danabaai wat alles aanbied as wat ons nodig gehad het vir 'n wegbrekie!
Attie D. - 27th January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Dit bly altyd 'n lekker bestemming in die Kaap.
Christo M. - 27th January 2017
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Baie lekker. Die nuwe "waterwêreld" in Hartenbos was 'n teleurstelling. Gelukkig is die een by Diasstrand baie goed.
Neil M. - 27th January 2017
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Beslis 'n plekkie vir 'n lekker wegbreek en 'n bogemiddelde restaurant.
Abeda E. - 27th January 2017
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Vol vriendelike mense. Almal groet almal.
Kobus G. - 27th January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Die sterk wind pla nogal, veral snags as jy wil slaap.
Alet K. - 26th January 2017
staying in Worcester, Wes-Kaap
Die beste!
Christa D. - 26th January 2017
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Pragtige omgewing.
Christa D. - 26th January 2017
staying in Noordhoek, Wes-Kaap
Fietsryers maak paaie onveilig.
Robert N. - 26th January 2017
staying in Bettysbaai, Wes-Kaap
Dit is stil, maar pragtig en ongerep wat deesdae raar is. Ons was verbaas. Dit is naby Kleinmond vir inkopies. Ons het heerlik gekuier,
Thea R. - 26th January 2017
staying in Tergniet, Wes-Kaap
Pragtige area langs die kus.
Deon C. - 26th January 2017
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Netjiese, skoon dorpie met die mooiste wit branders. Die eetplekke is uitstekend.
Len S. - 26th January 2017
staying in Worcester, Wes-Kaap
Baie stil op 'n Vrydagaand.
Surene S. - 26th January 2017
staying in Witsand, Wes-Kaap
Ideale plek vir hengel en lekker ontspan.
Annemarie N. - 26th January 2017
staying in Robertson, Wes-Kaap
Robertson is 'n bekoorlike dorp.
Lauren M. - 26th January 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Paternoster is a wonderful weekend getaway. Lots of lovely places to eat and shop. Beaches are gorgeous.
Sonja S. - 26th January 2017
staying in Heroldsbaai, Wes-Kaap
Die strand is pragtig en die mense baie vriendelik. 'n Juweel wat hopelik lank so sal bly. Gerieflik naby alles geleë indien jy nie elke dag strand toe wil gaan nie. Die kafeetjie onder by strand is redelik gerieflik toegerus. Dalk moet iemand die besigheidsgeleentheid sien en iets naby die strand oprig in seisoen.
Louw V. - 26th January 2017
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Struisbaai is great!
Pierre G. - 26th January 2017
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Somerset-Wes is baie sentraal, stil en 'n veilige area.
Engela M. - 26th January 2017
staying in Vanrhynsdorp, Wes-Kaap
Dis 'n knus dorpie met 'n hele paar aangename verrassings.
Willem D. - 26th January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Goed, nie soos ek dit van vroeër onthou nie, maar watter plekke in SA lyk en is nog soos vroeër? Dit is steeds 'n baie mooi plek en baie sentraal geleë.
André B. - 26th January 2017
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Mooiste natuurskoon. Heerlike vakansiebestemming.
Robert C. - 26th January 2017
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
'n Baie lekker plek om net weg te kom van die stadslawaai. Alles is net perfek soos wat dit is, maar ek sal daarvan hou as die pad tussen Lambertsbaai en Velddrif heetlemal klaar geteer word.
Johann G. - 26th January 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
We loved Paternoster and will definitely visit again.
Andries R. - 26th January 2017
staying in Worcester, Wes-Kaap
Worcester is 'n baie lekker plek. Daar is nou nie veel om te doen nie, maar die mall en die stampkarre is verseker 'n pluspunt.
Chantelle C. - 26th January 2017
staying in St. Helenabaai, Wes-Kaap
Lieflike mense daar.
Ernst N. - 26th January 2017
staying in Blanco, Wes-Kaap
Oorkant Fancourt.
Linda D. - 26th January 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Veilig. Baie goeie restaurante. Lekker staproetes. Naby ander mooi dorpies wat 'n kuier werd is.
Johan K. - 26th January 2017
staying in Kalkbaai, Wes-Kaap
Een van die beste plekke in die Kaap!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]