Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Die Swartbergpas en Meiringspoortpas en waterval en ook Rust en Vrede-waterval is definitief 'n moet om te besigtig."
"Baie lekker rustig as mens 'n rustige wegbreek verlang. Al wat kort is 'n klein apteek met net die nodige medikasie. My man moes eendag vinnig Lambertsbaai toe ry om medikasie te kry vir een van die kinders. Ek het iets vir alle skete ingepak, maar sy het onverwags siek geword en haar koors en bors medikasie was toe net te min vir die tyd wat ons daar is."
"Een van die dorpe wat in my opinie nie agteruit gegaan het soos vele ander nie. Baie skoon en lyk of alles werk."
"Daar is so baie om te doen in die area en die mense is almal baie vriendelik."
"Prins Albert is 'n pragtige klein dorpie. Al die huisies staan so mooi netjies teen die asemrowende Swartberge as agtergrond. Hier is 'n paar oulike restaurante en a gin bar, The Green Prince, met die lekkerste drankies. Daar is heelwat staproetes in die omgewing en jy kan die Swartbergpas ry vir die mooiste natuurtonele."
"Die personeel in restaurante en winkels is baie ongeduldig en onvriendelik (nie met my nie, maar was interessant om dit waar te neem oral om ons). Die paaie is haglik. Die natuurskoon is onbeskryflik asemrowend en Knysna is beslis 'n besoek werd."
"Was by die Voëleiland, wat insiggewend was, en die museum. Het gaan eet my Muisbosskerm wat ons baie geniet het. Was by Isabellas en Weskuskombuis. Het beide restaurante geniet. Dit was blommetyd en daar was baie geleentheid om mooi fotos van blomme te neem. Ons het die tyd geniet, maar daar is anders nie veel meer warvan ek bewus was om te doen in die dorp nie."
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste uitsig oor die see en baai. Die perfekte plek vir 'n rustige naweek of oorslaapplek."
"Pragtige plek, was altyd in die Melkbos, Blouberg omgewing en ook in Paarl en Stellenbosch, maar nog nooit in Somerset-Wes nie, ons verwagtinge is regtig oortref, pragtige plek."