Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Heerlike plek. Word sterk aanbeveel vir vakansie buite seisoen."
"Struisbaai en Agulhas is 'n pragtige bestemming, vriendelike mense, pryse van produkte en memorabilia by winkeltjies nie duur nie, nie geprys vir oorsese besoekers nie. Dankie Stilbaai en Agulhas."
"Ons eerste besoek aan Gansbaai was aangenaam en 'n verrassing ten opsigte van besige plattelandse kusdorpie met alle nodige kommoditeite. Heerlike uitstappies na naby geleë kusdorpies soos bv. Franskraal, Kleinbaai en De Kelders."
"Sedgefield is 'n baie mooi, skoon en rustige dorpie. Die regte plek as jy van jou besige lewe wil weg kom."
"Die winkeltjie kan net meer opsies gee, maar verder is die plekkie diep in my hart. Ek kuier al vir jare op Strandfontein, die beste."
"Lot of nice shops and restaurants, short distance to city centre, Table Mountain and Waterfront."
"Ons is mal oor Kleinmond en kuier al vir die afgelope 36 jaar daar! Daar is baie vir toeriste om te sien en te ervaar."
"Pragtige dorp, het baie lekker daar gekuier. Skoon strate, lekker winkels. Alles wat mens nodig het."
"Baie mooi en netjies en skoon. Heerlike om te gaan stap 'n mens voel altyd veilig."
"Dit is pragtig! As jy werklik wil rus en stilte soek is The Island jou bestemming."
"Klawer is die tyd van die jaar in sy glorie, ryk aan druiwe, dit lyk asof ons in 'n ver land was, tog is ons net van Vredendal. Lekker Klawer."
"In ag genome dat dit die laaste week van die skoolvakansie was, was dit relatief stil. "
"Ek is 'n boorling van Worcester en kan die plek definitief aanbeveel. Daar is baie besienswaardighede en die ligging is sentraal geleë."
"Die restaurante sê hulle is vol bespreek, dan is daar skaars iemand. Ek dink hulle kon ons Saterdagaand gehelp het as hulle wou. Dankie vir Blue Olive wat ons gehelp, sal weer julle ondersteun."