Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Wonderlike bestemming as jy wil wegkom van die stad, maar nie ideaal as jy nie van stilte en rustigheid hou nie."
"Die gastehuis is so romanties en almal het ons warm en hartlik verwelkom. Ons kan net baie dankie se vir die heerlike kuier."
"McGregor is vir mense wat regtig wil relax in 'n baie mooi dorpie, mooi berge en mense. Die restaurante is baie vriendelik en het lekker kos. My probleem is die pottebakery-plek het hulle werksure voor op die hek, maar was die hele naweek toe. In die dorp voor die kerk is 'n groot bord wat die tye van Lords gee. Ons het op 'n aaklige 10 km-grondpad uit McGregor gery. Toe ons by Lords aankom was daar 'n bord by die hekwat sê: close 2pm. Sal nooit weer na Lords toe gaan nie. Ek is 'n kunsmens en skilder self. Ek het regtig gedink ek gaan kuns sien - net die mooi huisies dit is al. Die mense op McGregor sal naweke hulle winkels moet oopmaak of die publiek die regte tye gee wanneer hulle oop is. Ons het ver gery en geld spandeer en die dorp is toe. Sal nooit weer my voet in daai dorp sit nie. "
"Behalwe vir die hawe is dit maar stil met min opsies. Lekker vir 'n dagrit eerder as oorslaap."
"Dorp teen die see met alle moontlike fasiliteite en pragtige versteekte, veilige strande."
"Bettysbaai is propvol historiese geskiedenis, die mooiste staproetes in die berg, die pragtige strande en dan natuurlik die opwindende diere van pikkewyne na walvisse en selfs as jy gelukkig genoeg is mag jy dalk net die luiperde ook raakloop. Definitief iets om te beleef."
"Baie nice plek om weg te breek en te ontspan, vriendelike diens, alles is so gemaklik ek sal beslis weer kom."
"We have always loved Sedgefield and have travelled there for many years when the opportunity arises. Very central to other towns on the Garden Route, with anything being available that one needs. The Saturday morning Wild Oats Farmers Market is always amazing. "
"Out of the rush, but close enough for day trips anywhere you'd want to go."
"Sal vir seker weer in Langebaan gaan vakansie hou. Die dorp is skoon en het alles wat jy op vakansie benodig."
"Probeer maar wegbly uit die winkels op 'n Saterdagoggend, behalwe as jy bereid is om in baie lang toue by die supermarkte te staan."