Die orrel begin speel. Die bruidegom snak na asem waar hy voor die kansel staan. Geliefdes draai in hulle banke om en kyk na die silhoeët van die bruid wat in die deur verskyn. Iewers pink iemand se tannie ’n traan weg. Dan begin die prosessie in die gangetjie af beweeg, gevolg deur die reuk van roosblare wat deur kinderhandjies op die vloer gestrooi word…

Dié toneel het al male sonder tal uitgespeel, maar oud raak dit nóóit! Daarom het LekkeSlaap nóg ’n handjievol sierlike kapelle gaan uitsoek om jou droomdag ekstra spesiaal te maak. En, as jou gaste wil weet waar om te bly sodat die feesvieringe tot die vroeë oggendure kan gedy, is ons, soos altyd, daar om te help!

Troukoors in die Wes-Kaap

BOSJES

Breedekloof

Almal is bos oor Bosjes! Dié prentjiemooi landgoed spog met die beste van twee wêrelde: geskiedkundige geboue en moderne argitektuur wat ’n lus vir die oog is.

Bosjes

Kapel: 120 gaste
Onthaal: 120 gaste
Slaapplek op die perseel: 10

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Tafels en stoele, personeel by die geleentheid, ’n barista, blomme en ander dekor, ekstra beligting, twee aande se verblyf  in die luukse gastehuis op die perseel.

Bosjes

Sakpasverblyf in die omtrek
Seven Oaks Vineyard CottagesMosterts Hoek Guest HouseSlanghoek Mountain Resort | Bergland Accommodation

MOLENVLIET WINE & GUEST ESTATE

Boland

Sweer die trou op hierdie spoggerige wynplaas omring deur Stellenbosch se berge.

MolenVliet Wine & Guest Estate

Kapel: 180 gaste
Onthaal: 250 gaste
Slaapplek op die perseel: 28

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Blommerangskikking, tafels en stoele, kroegman en personeel by die geleentheid, ys, eetgerei en breekware, sekuriteit, tafellinne, fotograaf en videograaf, beligting en klank.

MolenVliet Wine & Guest Estate

Sakpasverblyf in die omtrek
De Kleine Hoop Gastehuis | Westridge | Studio Apartment | Van der Stel Akkommodasie

KAROO1 HOTEL VILLAGE

Kaap Karoo

Hierdie spogplaas is as’t ware die poort tot die Karoo en dus die perfekte plek om ’n lewe saam te begin.

Kapel: 60 gaste
Onthaal: 80 gaste
Slaapplek op die perseel: 56 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Personeel en kroegmanne by die geleentheid, eetgerei en breekware, wit tafellinne, stoele en tafels, veilige parkeerplek, ’n opstel- en skoonmaakdiens, komplimentêre verblyf vir die troupaartjie in die wittebrood-suite op die trouaand.

Karoo1 Hotel Village

Sakpasverblyf in die omtrek
 Arbeid Adelt GastehuisUitvlugt Guest HouseMiddelberg Gasteplaas | Porcupine Peak Farm

GOURIKWA NATURE RESERVE

Tuinroete

Voëlgesang en die sagte eb en vloed van die see sal jou troumars wees by dié afgewitte grasdak-kapel.

Gourikwa Nature Reserve

Kapel: 140 gaste
Banket-tent: 200 gaste
Slaapplek op die perseel: 68 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Trou-boog, tafels, stoele en linne.

Gourikwa Nature Reserve

Sakpasverblyf in die omtrek
Wheatland’s Farm House and ChaletsGouritz B&BGouritsvillas 13Heppie-Nes

Troukoors in die Vrystaat

WOUDZICHT

Noord-Vrystaat

Ervaar die Vrystaat op sy mooiste by Woudzicht en sê “Ja!” in hulle pragtige sandsteenkapel wat destyds ’n ystersmidskool was.

Woudzicht

Kapel: 150 gaste
Onthaal: Tot 200 gaste
Slaapplek op die perseel: 4 gaste

✓ Spyseniering
✓ Troukoördineerder

Die venue bied ’n volledige lys betroubare diensverskaffers waarmee Woudzicht al vantevore gewerk het.

Woudzicht

Sakpasverblyf in die omtrek
Thanda TauWilge InnVreugde GasteplaasBerghut

ZUIKERKOP COUNTRY GAME LODGE

Malotiroete

Hou jou trou-makietie op die mooie Malotiroete in Zuikerkop se allerpragtigste kapel.

Kapel: 200 gaste
Onthaal: Tot 200 gaste
Slaapplek op die perseel: 78 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Tafels en stoele, tafellinne, personeel by die geleentheid, skoonmaakdiens, kroeg en kroegmanne, sekuriteit, trou-suite vir die bruidspaar voor die troue, ’n lys betroubare diensverskaffers.

Sakpasverblyf in die omtrek
Vlakbult Guest Farm | Ben Nevis Guestfarm | Umpukane | Amohela ho Spitskop Country Retreat & Conservancy

Troukoors in die Noord-Kaap

LANGBERG GUEST FARM

Kimberley

Trou in die skadu van windpompe en geskiedkundige plaasopstalle en laat die roosgoud-uurtjie van die dag vir die allermooiste troufoto’s sorg by Langberg.

Langberg Guest Farm

Kapel: 90 gaste
Onthaal: Tot 110 gaste met ’n dansvloer
Slaapplek op die perseel: 32 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Vervoer vir die troupaartjie na die veld vir foto’s, braaiplek die aand voor die troue, personeel by die geleentheid, tafels en stoele, lugversorging en kaggels, eetgerei en glase, tafellinne en lapservette, kragopwekker, drapering, bruid-suite en ontbyt vir die bruidspaar ná die troue.

Langberg Guest Farm

Sakpasverblyf in die omtrek
Rooidam GuestfarmA Barn LodgeDiggies LodgeBoschendal 10 Gastehuis

Troukoors in Limpopo

CLOUDFOREST CHAPEL & CAMPING

Louis Trichardt

As rustiek jou en jou aanstaande laat tiek, is die kampeer-en-kapel-kombinasie by Cloudforest die perfekte keuse vir julle troudag!  

Cloudforest Chapel & Camping

Kapel: 200 gaste
Onthaal: Cloudforest werk saam met hotelle in die omgewing om onthaalgeriewe te verskaf.
Slaapplek op die perseel: 24 gaste

Ekstra geriewe word deur die hotelle in die omtrek voorsien. Doen asb. navraag hieroor.

Cloudforest Chapel & Camping


Sakpasverblyf in die omtrek
Misty MountainsZvakanaka GasteplaasMount Azimbo LodgeMashovhela Bush Lodge

THE FAIRVIEW COLLECTION

Tzaneen

Hierdie grasdak-kapel skuil aan die oewer van die Letabarivier in tropiese Tzaneen.

The Fairview Collection, Tzaneen

Kapel: 60 gaste
Onthaal: Tot 300 gaste
Slaapplek op die perseel: 82 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Eetgerei, breekware, opstel- en skoonmaakdiens, tafels en stoele, lugversorging in die venue, kroegman en personeel vir die geleentheid, kinderspeelarea, sekuriteit, 5-ster-wittebroodsuite vir die troupaartjie en ’n sjampanje-ontbyt die oggend ná die troue.

The Fairview Collection, Tzaneen

Sakpasverblyf in die omtrek
Hotel@TzaneenThe Manor Lodge TzaneenTzaneen White House LodgeSanloo Manor

Troukoors in KZN

CRYSTAL BARN COUNTRY ESTATE

Natalse Middellande

Die eklektiese kapel by Crystal Barn is versier met 22 antieke kristalkandelare, houtsneewerk en ’n Victoriaanse spiraaltrap wat jou gaste behoorlik sal laat “oe” en “aa”!

Kapel: 120 (die nabygeleë woud kan ook as venue vir die seremonie gebruik word en het sitplek vir 200 gaste)
Onthaal: 200 gaste
Slaapplek op die perseel: 32 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Tafels en stoele, vintage kroeg, veilige parkeerplek, personeel en kroegman vir die geleentheid, gasverwarmers, kragopwekker, eetgerei en breekware, bruid- en wittebrood-suite vir 2 aande.

Sakpasverblyf in die omtrek
Blesberg FarmBeverley Country CottagesNotts CottageNotting Hill Lodge

GRANNY MOUSE COUNTRY HOUSE & SPA

Natalse Middellande

Die skouspelagtige uitsig oor die Caversham-vallei maak Granny Mouse se kapel sowaar sprokiesagtig.

Granny Mouse Country House & Spa

Kapel: 120 gaste
Onthaal: 120 gaste met ’n dansvloer
Slaapplek op die perseel: 32 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Tafels en stoele, eetgerei en breekware, standaard-opsteldiens.

Granny Mouse Country House & Spa

Sakpasverblyf in die omtrek
Enniskerry Self-catering ApartmentsMillgate CottagePennylane Guest HouseWoodcroft

CRANFORD COUNTRY LODGE & WEDDING VENUE

Natalse Middellande

Cranford Country Lodge is die toonbeeld van Natal se Middellandse elegansie en spog met ’n lieflike grasdak-kapel onder skadubome.

Cranford Country Lodge and Wedding Venue

Kapel: 150 gaste
Onthaal: 150 gaste met ’n dansvloer
Slaapplek op die perseel: 32 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Lapa vir drankies voor die troue, drapering en dekoritems, feetjieliggies, personeel en kroegmanne vir die geleentheid, stoele en tafels, kinderoppasdiens, breekware en eetgerei, een aand se verblyf vir die troupaartjie in die wittebrood-suite op ’n B&B-basis.

Cranford Country Lodge and Wedding Venue

Sakpasverblyf in die omtrek
Top SpotThe Old HotelKusane Farm Cottages | A Farm Life

ELANDSHEIM RETREAT

Battlefields

Met sy gepunte vensters en indrukwekkende toring lyk die kapel by Elandsheim meer soos ’n kosbare katedraaltjie!

Elandsheim Retreat

Kapel: 150 gaste
Onthaal: 150 gaste
Slaapplek op die perseel: 100+ gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Tafels en stoele, wit tafellinne en stoeloortreksels, breekware en eetgerei, personeel en kroegmanne by die geleentheid, een van die en suite-houthuisies of villas op die troudag vir die bruid om aan te trek, basiese opstel- en skoonmaakdiens, parkeerplek op die perseel, ’n lys van ander diensverskaffers.

Elandsheim Retreat

Sakpasverblyf in die omtrek
Gecko’s View B&B

Troukoors in Gauteng

OAK HOUSE

Dinokeng

Laat die Jakarandabloeisels jou op jou troudag seën in Oak House se klipkerkie.

Oak House

Kapel: 90 gaste (maar nóg gaste kan op ekstra stoele sit om plek te maak vir 130)
Onthaal: 170 gaste
Slaapplek op die perseel: 6 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Oak House het ’n lys betroubare diensverskaffers wat hulle aanbeveel vir die groot dag, maar die bruidspaar kan self besluit of hulle van die verskaffers wil gebruik maak of nie.

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Tafels en stoele, linne en drapering, opstel- en skoonmaakdiens, wittebrood-suite met ontbyt vir die bruidspaar.

Oak House

Sakpasverblyf in die omtrek
Dolphin Whisper Guest House and SpaAcorn HouseCullinan Diamond Lodge

CASA TOSCANA LODGE

Pretoria-Oos

Bring ’n bietjie Italiaanse flair na jou troue deur die pragtige klipkapel by Casa Toscana Lodge te kies.

Casa Toscana Lodge

Kapel: 140 gaste
Onthaal: 160 gaste
Slaapplek op die perseel: 40 gaste

✓ Spyseniering
✓ Dranklisensie
✓ Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue*: Kinderoppasdiens, bruid-suite, bruidegom-kamer, wittebrood-suite wat romanties versier is, stoele en tafels, oefening van die seremonie, personeel en kroegmanne vir die geleentheid, eetgerei, breekware, geskenktafel, koektafel, bruidstafel, standaard-dekor en feetjieliggies.

Casa Toscana Lodge

Sakpasverblyf in die omtrek
Wild Fig Tuin Woonstelle | At 98 on Lynburn Guest HouseSun-decked Tranquillity in LynnwoodPlek van Rus  

Hoor jy trouklokke in een van dié kapelle lui? Laat LekkeSlaap dan sorg dat jou trougaste lekke’ bly.

* Ekstras is beskikbaar op die perseel, maar is nie noodwendig ingesluit by die koste van die trou-venue nie en mag deel vorm van ’n spesiale pakket.

Kliek hiér om ons vorige blog met nóg pragtige troukapelle te sien. 


Hooffoto: Zuikerkop Country Game Lodge

Ander foto-erkennings:
Alle foto’s wat nié hier erken word nie, is van LekkeSlaap se webtuiste.
Molenvliet-hooffoto: verskaf deur instansie
Karoo1-hooffoto: verskaf deur instansie
Woudzicht-foto’s: Woudzicht se Facebook-blad
Cloudforest-foto’s: verskaf deur instansie
Crystalbarn-foto’s: verskaf deur instansie en vanaf Facebook-blad
Cranford-hooffoto: Ocean Driven Media
Oak House-foto’s: verskaf deur instansie
Laaste foto: Granny Mouse Country House & Spa, verskaf deur instansie