Champagne Vallei Akkommodasie by Cayley Lodge | LekkeSlaap
+72
+72

Cayley Lodge

  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: D184, Cathkin Park, KwaZulu-Natal, 3310, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Cayley Lodge is in die Drakensberge geleë met 'n uitsig op die Cathkin Peak- en die Champagne Castle-bergreekse. Die oord bied ook 'n uitsig oor die Bell Park-dam wat maklik bereikbaar vanaf die oord is. Hiér kan gaste visvang of 'n rit op een van die Cayley Cruiser-trekskuite geniet.

Dié oord bied selfsorgverblyf met sekere DStv-kanale, onderdakbraaigeriewe, plafonwaaiers, badhanddoeke, 'n kluis, 'n mikrogolfoond en linne. Die moderne leefstyloord bied verblyf in chalets wat langs mekaar mekaar geleë is en langs die rand versprei is. Dit bied ook 'n asemrowende uitsig oor die dam in die rigting van die berge. Ons personeel sal help om vir gaste 'n gerieflike wegbreek te verseker.

Caley Lodge bied verskeie geriewe en doendinge, onder meer 'n Body Bliss-dagspa, swembad, klein winkel, speletjieskamer, roei, kajakvaart, veerboot teen 'n ekstra koste, 'n speelgrond, klimraam, voëlkyk, Jacuzzi, stoomkamer, tennis, minigholf, 'n pooltafel, tafeltennis, bordspeletjies, skaak, vlugbal, pluimbal, asook wasgoeddienste.

Gaste kan verskeie besienswaardighede in die area besoek, onder meer die Bell Park-dam, Drakensberg-seunskoor, Four Rivers Rafting and Adventures, Giants Castle-natuurreservaat, Monks Cowl-gholfbaan, Spioenkop-wildreservaat, Thokozisa-leefstylsentrum, uKhalamba Drakensbergpark en voetslaanroetes.

Die oord aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige beserings, dood, verlies, skade, uitgawe of ongeluk wat weens 'n bonatuurlike aksie, natuurramp, diefstal of geregtelike munisipale ingrype, water- of elektrisiteitstoevoerdiens plaasvind nie. Die oord sal poog om alle beplande opknappingswerk af te handel sover moontlik, maar kan nie waarborg dat alle geadverteerde geriewe gedurende jou verblyf beskikbaar sal wees nie.

Die gebruik van die braaigeriewe is beperk tot die eenhede waar dit beskikbaar is.

Sekere geriewe by die oord is onderhewig aan 'n ekstra fooi.

Cayley Mountain Resort is tans besig met opknappings en uitbreidings. As gevolg hiervan mag daar geraas op die perseel wees tydens gaste se verblyf.

Daar is wateraktiwiteite op die perseel, maar dit is onderhewig aan die watervlakke in die Bell Park-dam. Kontak asb. die oord vir doendinge waaraan daar tans gewerk word voor aankoms sodat jy alles kan geniet wat jy op die perseel kan geniet.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 13 resensies vir Cayley Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • D184, Cathkin Park, KwaZulu-Natal, 3310, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Cayley Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: D184, Cathkin Park, KwaZulu-Natal, 3310, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQODdvdQPpp7SKQbgdhKt1mXthCPmCIzaYlnp7ohQkyQaFn2e89?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 D184 Cathkin Park 3310 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-16:00 09:00 -28.950926304774 29.440480589264
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za